'n Winsgewende sluikhandel in bankstate is oopgevlek met die arrestasie van twee Gautengse private speurders en twee voormalige bankamptenare op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Een bankwerknemer het meer as R50 000 verdien deur gesteelde bankstate aan 'n private speurder te verskaf.

Die ander werknemer het honderde bankstate teen sowat R50 per staat aan 'n ander private speurder oorhandig.

'n Rapport-ondersoek het verder aan die lig gebring dat amper enige vertroulike persoonlike inligting teen 'n prys beskikbaar is aan derde partye.

Bronne in die private speurbedryf sê groot ondernemings koop gereeld inligting oor mededingers of voornemende sakevennote.

http://m.news24.com/rapport/Suid-Afrika/Nuus/Rapport-ondersoek-Al-jou-geheime-is-op-die-mark-20131221