In The Media

Bom dalk nie vir Krejcir bedoel

2013-11-14-bom JOHANNESBURG – Die bom wat in Money Point in Bedfordview ontplof het, was gelaai met skrapnel en is ontwerp om te verwoes – maar was dalk nie vir Radovan Krejcir bedoel nie.

Twee van Krejcir se kamerade is dood, drie kritiek beseer en nog twee lig beseer toe ’n bom gelaai met skrootmetaal eergister omstreeks 17:20 by Money Point ontplof het. Dié onderneming in Bradfordstraat is ’n hoëklas-pandjieswinkel en leen ook kontant uit.

Na verneem word, was Ronnie Vuma, een van die oorledenes, moontlik die teiken omdat ’n transaksie met ’n onbekende derde party skeefgeloop het.